
Oorsig: Rut
CityRise Global
Kyk na ons oorsigvideo van Rut wat die letterkundige ontwerp van die boek en die gedagtegang daarvan uiteensit. In Rut staar ’n Israelitiese familie tragiese verlies in die gesig, en God gebruik die getrouheid van ’n nie-Israelitiese vrou om herstel te bring in die familie van Dawid. Kredietrol: Plaaslike Afrikaanse Produksiespan: Studio Bolland, Kaapstad, Suid Afrika Oorspronklike Engelse Inhoud en Produksie: BibleProject, Portland, Oregon, VSA #BibleProject #bybel #Rut
